Literêre Bioskets

 

  • Ontvang die Vlootbond toekenning in Afrikaans. Daaropvolgend Navy League Award.
  • Matrikuleer as Dux-student.
  • Studeer aan die UOVS. Behaal BA en HOD met onderskeiding (tale).
  • Ontvang die Tafelberg Uitgewersprys vir Afrikaans-Nederlands.
  • Lid van die Afrikaans-Nederlandse studiegroep.
  • Doen vertalings sowel as taalversorging van skripsies vir verskeie instansies, o.a. universiteite en studente en universiteitsartikels
  • Beoordelaar vir G.H.A.
  • Publiseer haikoes op versoek van die kunstenaar Strijdom v.d. Merwe.
  • `n Naaswenner in die ATKV en Antwerp Kinderverhaal Kompetisie.
  • Lees voor te Groenkloof kampus op uitnodiging van Mimi Coertse.
  • Ontvang vier goue sertifikate te Abracadabra Kunstefees.
  • Een van Woes wenners 2009.
  • Dra by tot Nuwe Stemme 4 (Tafelberg).
  • Lees gedigte en eie boek Lucas voor op Radio Pretoria.
  • GHA afdelingswenner
  • Kunsuitstalling gebaseer op gedigte deur Centurion Kunsvereninging.
  • Onderhoud, Spektrum, R.S.G.
  • Bied kreatiwiteitsklasse vir tuisonderrigskole aan.
  • Skrywe resensies vir verskeie publikasies.
  • Ontvang Oorkonde van Orde van die Beiteltjie, Cordis Trust.
  • 2017 Grand Prize Winner van die Engelse afdeling van AVBOB se gedigte kompetisie.

Ek dink al heeldag herkoutjie

graanvelde en gebaalde groenvoer.
Winters ruik rypwit.
`n Lug so helder
dat `n mens die wolke kan pluk.
Onder die bloekoms damp plaasdamme
koelte. 

Wanneer ek moeg is, Here,
maak my Vrystaatgras.

– Uit die bundel: Veltaal